2 groot aartappels
2 koppies meel
1 eier
1 eiergeel
basiliekruidpesto
parmesankaas
Voeg water en sout in ‘n kastrol.
Plaas die aartappels in die water en kook tot gaar.
Verwyder die skille.
Druk die aartappels fyn.
Meng die aartappels met die meel, eier en eiergeel.
Hou aan meng tot dit ‘n deeg vorm.
Rol stukke van die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak om lang “slange” te vorm.
Sny in ewe groot stukke.
Druk liggies met ‘n vurk op die stukkies.
Bring ‘n pot vol water tot kookpunt.
Voeg ‘n bietjie sout by die water.
Voeg ‘n paar stukkies gnocchi op ‘n slag in die kastrol.
Wanneer die gnocchi begin dryf, kook vir nog 30 sekondes.
Haal dit uit die water, en hou eenkant.
Meng die gnocchi met die pesto.
Rasper parmesankaas bo-oor.
Bedien warm.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za