500 ml bruismeel
2 eiers van ‘n vryloophen
250 ml suiker
250 ml granaatsap
2 ml vanieljegeursel
150 ml granaatpitte (plus ekstra vir versiering)
Witsjokolade-room
200 g witsjokolade, in stukke gebreek
50 ml vars room
Vverhit die oond tot 180 grade Celsius.
Smeer ‘n 20cm-koekpan met botter, of spuit dit met kossproei.
Sif die bruismeel in ‘n mengbak.
Gebruik ‘n ander mengbak, en klits die eiers tot dit begin skuim.
Meng die suiker bietjie-bietjie by terwyl jy aanhou klits.
Die eiers en suiker moet lig en styf wees voor jy die meel daarby inmeng.
Vou die meel by die styfgeklitste eiers in.
Meng die granaatsap en die venieljegeursel om die beurt by.
Meng goed.
Voeg die granaatpitte by en roer deur.
Skep die deeg in die gesmeerde koekpan.
Bak vir ongeveer 40 minute, of tot gaar.
Laat dit in die pan afkoel.
Witsjokolade-room
Smelt die sjokolade oor lae hitte in ‘n dubbelkastrol of in die mikrogolfoond. Wees versigtig, want witsjokolade brand maklik aan.
Voeg die vars room by en meng deur.
Giet die witsjokolade oor die koek sodat dit ‘n gladde, galserige laag vorm.
Sprinkel die ekstra granaatpitte oor.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za