8 beeswange
botter
1 ui, gekap
4 knoffeltoontjies, gekap
1 ml gemmerpoeier
25 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
2 ml komyn
1 ml kaneel
250 ml ongegeurde jogurt
1 blik gekapte tamaties
60 ml appelkooskonfyt
1 blikkie fyn pynappel
4 kardemonpeule
sout en peper na smaak
Verhit die oond tot 160 grade Celsius.
Braai die beeswange in genoeg botter tot geseël aan beide kante.
Verwyder van pan.
Braai ui en knoffel tot sag.
Meng die res van die bestanddele goed.
Plaas die beeswange in ‘n oondbak.
Bedek dit met die kerriesous.
Bak vir 4 tot 6 ure tot sag.
Bedien met rys.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za