Foto: grondtotmond.com
1 skaapafval, skoongemaak
3 uie, gesny
4 knoffelhuisies, fyn gekap
2 teelepels borrie
2 eetlepels opgehoopte medium kerriepoeier
4 naeltjies
5 kardemompeule
6 gedroogde appelkose, in kwarte gesny
1 teelepel suurlemoensap
2 eetlepels appelkooskonfyt
6 aartappels, in kwarte gesny
3 wortels, in ringe gesny
1 blikkie tamatie- en uiesmoor
sout en peper na smaak
Plaas die afval oornag in suurlemoenwater.
Gooi die water die volgende dag af, en plaas die afval in ‘n kastrol saam met die uie, knoffel, kerrie, borrie en naeltjies.
Bedek die afval met water.
Kook die afval vir ongeveer 3 ure tot gaar en sag. (Sorg dat die afval nie droogkook en brand nie)
Voeg die res van die bestanddele by.
Kook stadig verder tot die aartappels en wortels gaar is.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za