1 mediumgroot boerpampoen
30 ml olie
1 mediumgroot ui, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
800 g beesvelis, in blokkies gesny
1 blokkie beesaftreksel
8 kardemomsade
50 g heel amandels
8 droë appelkose, gehalveer
25 ml matige kerriepoeier
2 ml borrie
25 ml blatjang
1 mediumgroot appel, ontpit en gerasper
25 ml appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius.
Sny ‘n gedeelte om die pampoenstingel netjies uit met ‘n skerp mes, groot genoeg om ‘n deksel vir die papoenmandjie te vorm.
Hou die deksel eenkant.
Haal die pitte uit die pampoen.
Spuit ‘n bakplaat met kossproei, en plaas die uitgeholde pampoen daarop.
Verhit die olie in ‘n kastrol, en braai die ui en knoffel tot gaar.
Voeg die aftrekkselblokkie by.
Braai tot goudbruin.
Voeg die res van die bestanddele by en braai vir 10 minute.
Skep die vleis in die pampoenmandjie en sit die pampoen se deksel terug.
Bak vir ongeveer 1 ½ uur, of tot die pampoen goed gaar is.
Plaas die pampoen op ‘n groot opdienbord.
Sny dit voor jou gaste in skywe.
Bedien elke pampoenskyf met ‘n porsie beesvleis.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za