Wenke vir in en om die huis en kombuis
Voeg ‘n bietjie kookolie by jou koeskoes en roer goed deur voor jy die warm water oorgooi. Dit help dat die koeskoes nie aanmekaar vassit nie.
Wanneer jy boontjiesop kook, gooi ‘n klein bietjie koeksoda by die boontjies en warm water wanneer jy die boontjies oornag week. Spoel dit minstens 3 keer af tydens die weekproses. Dit help met die winde van verandering nadat jy boontjiesop geëet het.