olie
1 groot ui, gekap
800 g lamsnek
4 groot knoffeltoontjies, gekap
1 blik tamaties
15 ml fyngekapte pietersielie
5 ml komyn
5 ml borrie
5 ml fyn gemmer
2 kaneelstokkies
500 ml water
2Â eetlepels groente-aftreksel
1 blik kekerertjies, gedreineer
125 ml appelkose, opgekap
amandels
sout en peper na smaak
Verhit olie in ‘n groot swaarboomkastrol, en braai die uie tot deurskynend.
Voeg die lam by en braai bruin.
Voeg knoffel, kruie en speserye by en braai tot bruin.
Voeg die water, aftreksel en tamaties by.
Plaas die deksel op en prut oor lae hitte vir ongeveer 2 uur tot vleis sag is.
Soos die tagine prut, sal die sous stroperig word.
Voeg die appelkose, kekerertjies en amandels by, en kook deur.
Bedien met koeskoes, en garneer met amandels en pietersielie.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za