4 botterskorsies, in die lengte gehalveer en ontpit
braaivleisspeserye na smaak
olie
1 ui, gekap
4 knoffelhuisies, gekneus
1 pakkie gesnyde sampioene
500 g gemaalde beesvleis
5 ml gemengde kruie
1 blikkie gekapte tamatie
sout en peper na smaak
gerasperde Cheddarkaas
Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Braai die ui, sampioene en knoffel in olie tot gaar.
Roer gereeld.
Voeg die maalvleis en gemengde kruie by, en verbruin dit.
Meng die tamatie goed deur.
Geur met braaivleisspeserye.
Skep die vleismengsel in die uitgeholde botterskorsie, en plaas dit op ‘n bakplaat.
Strooi die gerasperde Cheddarkaas oor die hele botterskorsie.
Bak dit vir ongeveer 40 – 45 minute tot botterskorsie sag is.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za