8 snye piesangbrood
appelkooskonfyt
4 eiers, geskei
200 ml suiker
5 ml karamelgeursel
100 ml fyn klapper
500 ml melk
botter
1 teelepel fyn kaneel
Smeer die snye brood met die konfyt.
Pak die snye in ‘n glasbak wat met botter gesmeer is.
Meng die eiergeel met die melk, suiker en karamelgeursel.
Bedek die brood met die melkmengsel, en laat die brood dit volledig absorbeer.
Skep klontjies botter bo-op.
Strooi die klapper bo-oor.
Klits die eierwit tot styf, en bedek die poeding daarmee.
Strooi die kaneel oor.
Bak vir 35 minute teen 180 grade Celsius.
Bedien met vla.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za