8 porsies
150 ml gesmelte botter
125 ml suiker
4 eiers
300 ml bruismeel
1 x 410 g blik geroomde mielies
1 x 410 g blik pitmielies, gedreineer
3 ml sout
350 ml gerasperde Cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius.
Spuit ‘n tertbak met kleefwerende sproei.
Klits die botter, suiker en eiers saam.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Skep die mengsel in die tertbak.
Bak vir ongeveer 45 min, of tot gaar.
* Verpligte velde
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
SABC © 2020
SABC © 2020