botter
1 ui, opgesny
4 knoffeltoontjies, fyngekap
2 repies spek, in stukkies gesny
½ teelepel gerookte paprika
½ teelepel gedroogde tiemie
1 teelepel visspesery (jy kan meer bygooi later)
2 pakke gemengde seekos
¼ koppie witwyn
2 blikkies gekapte tamaties
4 stokvisfilette, in blokke gesny
2 eetlepels fyngekapte vars pietersielie
250 ml room
sout en peper na smaak
Verhit botter in ‘n kastrol.
Voeg die ui, knoffel en spek by, en braai tot gaar.
Voeg die paprikaen tiemie by, en meng alles saam.
Voeg die witwyn by en meng.
Laat die uiemengsel en witwyn bietjie kook.
Voeg die tamaties by, en geur met sout en swartpeper.
Voeg die seekos en visspesery by.
Laat dit ‘n bietjie kook.
Voeg die stokvis en room by, en kook oor medium hitte.
Roer versigtig tot die vis gaar is.
Sprinkel vars pietersielie bo-oor.
Bedien met rys of pasta.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za