1 kg lammerstertjies
10 ml sout
1 middelslag ui, fyngekap
2 knoffeltoontjies, fyngekap
25 ml sampioenroomsoppoeier
50 ml water
Plaas die stertjies in ‘n groot kastrol en strooi sout bo-oor.
Bedek die stertjies met water, en kook vir ongeveer 2 ure tot murgsag.
Loer af en toe of daar water moet bykom, want die stertjies moenie droogkook nie.
Braai die saggekookte stertjies saam met die fyngekapte ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot bruin aan albei kante.
Voeg ‘n bietjie water by, en roer die stertjies goed sodat die bruingebraaide stukkies van die kastrolbodem loskom.
Maak die soppoeier met die water aan, en roer dit stadig by die stertjies.
Hou aan roer tot die sous verdik.
Onthou om ‘n servet byderhand te hou!
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za