1 kg turksvye
1 liter water
750 g suiker
sap en skil van 1 suurlemoen
2 steranys
Skil die turksvye.
Laat dit staan tot dit winddroog is. Dit is belangrik.
Meng die water, suiker, steranys en suurlemoensap sap saam.
Verhit dit stadig in ‘n kastrol tot al die suiker gesmelt is.
Roer gereeld om seker te maak dat die suiker gesmelt is.
Kook die mengsel vir 20 tot 30 minute oor hoë hitte om ‘n stroop te vorm.
Voeg die turksvye en suurlemoenskil stadig by die kokende stroopmengsel tot hulle deurskynend gekook is.
Moenie te veel roer en lol met die turksvye nie, want jy wil nie hê dit moet breek nie.
Roer stadig en versigtig.
Sorg dat al die turksvye kans kry om goed in die stroop te swem.
Bottel dadelik in gesteriliseerde flesse.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za