500 g volstruisfillet
250 ml karringmelk
1 ui, in ringe gesny
2 knoffeltoontjies, fyn gekap
2 wortels, in repies gesny
5 babamielies, in ringetjies gesny
2 rooisoetrissies, in repies gesny
20 ml sojasous
15 ml balsamiese asyn
2 pakkies twee-minuut-noedels
olie
braaivleisspeserye
Marineer die fillet oornag in die karringmelk.
Vee die fillet skoon, en sny in repies.
Smeer die balsamiese-asyn oor die repies.
Braai dit in olie tot amper gaar.
Haal die vleis uit die pan en braai die res van die bestanddele, behalwe die vleis, noedels, sojasous en braaivleisspeserye, tot amper sag.
Voeg die vleis, noedels, sojasous en braaivleisspeserye by en braai vir ‘n paar minute.
Bedien dadelik.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za