500g volstruismaalvleis
1 ui, gekap
2 knoffeltoontjies, fyngekap
25 ml tamatiesous
25 ml blatjang
25 ml Worcestersous
150 ml hawermout
5 ml gemengde kruie
1 eier, geklits
sout en gemaalde swartpeper
olie
6 sagte broodrolletjies
3 tamaties, in skywe gesny
blaarslaai
Meng die maalvleis, uie, knoffel, hawermout, tamatiesous, blatjang, gemengde kruie, Worcesterssous, eier, sout en peper saam.
Verdeel in ses, en vorm burgerfrikadelle.
Braai die frikadelle in ‘n pan met bietjie olie tot gaar.
Bou burgers met die frikadelle en die res van bestanddele.
* Verpligte velde
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
SABC © 2020
SABC © 2020