200 g glanskersies, in helftes gesny
50 ml sjerrie
10 ml kakao
10 ml kitskoffiepoeier
500 ml kookwater
1 kg droëvrugte-koekmengsel
150g gemengde neute
7 ml koeksoda
125 g botter
300 g suiker
3 groot eiers
360 g koekmeel
7 ml bakpoeier
1 ml sout
5 ml gemengde speserye
100 ml sjerrie
Verhit die oond tot 140 garde Celsius.
Los die kakao en koffiepoeier in kookwater op.
Voeg dit by die koekmengsel, koeksoda en suiker in ‘n kastrol.
Voeg die sjerrie by.
Verhit en kook vir 10 minute.
Verwyder van hitte, en voeg die botter en kersies by.
Laat die mengsel goed afkoel.
Smeer ‘n pan met olie of botter.
Voeg die eiers by die vrugtemengsel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier, sout en gemengde speserye saam, en voeg dit stadig by die vrugtemengsel terwyl dit goed geroer word.
Voeg die neuete by.
Skep die beslag in die gesmeerde pan, en bak vir ongeveer 2 ure totdat ‘n toetspen skoon uitkom.
Koel die koek af in die pan, en giet die 100 ml sjerrie oor die warm koek.
Haal die koek uit die pan wanneer dit heeltemal afgekoel het.
Giet gereeld sjerrie oor om koek klam te hou.
Bewaar in lugdigte houer.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za