Meng die asyn, sout, peper en suurlemoensap.
Masseer dit in die vleis in en laat dit staan – hoe langer dit staan, hoe geuriger sal dit wees.
Wat jou braai betref: die kole moet WARM wees!
Braai die lendestuk as volg:
– 3 minute aan beide kante vir ROU.
– 4 minute aan beide kante vir MEDIUM-ROU.
– 5 minute aan beide kante vir GOED-GAAR.
As jy dit op die stoof in ‘n pan gaarmaak, gebruik ‘n bietjie olie in ‘n geriffelde pan wat so warm is, die olie moet al begin rook.