500 ml suiker
6 eiers
75 ml sagte botter
500 ml bruismeel
5 ml bakpoeier
‘n Knypie sout
120 ml melk
6 groot appels, geskil, stronk uitgehaal en in skyfies gesny
Sous
1 blik ingedampte melk
250 ml bruinsuiker
5 ml karamelgeursel (opsioneel)
Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Verroom die botter en suiker, en voeg die eiers een vir een by. Meng goed na elke byvoeging.
Sif die droë bestandele saam in ‘n skoon mengbak.
Roer die eiermengsel by, en dan die melk.
Vou die appelskyfies versigtig by die deeg.
Skep die mengsel in twee gesmeerde losboompanne, en bak vir ongeveer 40 minute of totdat die koek ferm is.
Terwyl die koek bak: Bring die ingedampte melk, suiker en geursel stadig tot kookpunt. Laat dit vir ‘n paar minute kook terwyl jy dit aanhoudend roer.
Giet die sous warm oor die koeke sodra dit uit die oond kom.
Bedien die koek met roomys of room.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za