no 1 : Ek het nie geweet my kamera is aan nie , so dit was ‘n natuurlike proses. no 2 : Moet dit asb nie probeer nadoen nie. Ek was nie kwaad nie , ek was net moedeloos verby toe ek sien hoe die kerel sy kajuit skoonmaak en al sy gemors langs die pad gooi. Ons het so ver pad om nog te stap om mense bewus te maak van hoe hulle aksies die natuur skade kan aandoen. Ek het ‘n paar kilometer verder die ou verby gesteek , en hy het vir my gewaai. Ek het terug gewaai , geen kwade gevoelens.Miskien het hy iets geleer.