logo_sabc_header

07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Groeipyne

Met Anthea Fredericks

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

RSG-radiodramaskryfkompetisie in samewerking met ATKV

Vanjaar vind die 28ste RSG-radiodramaskryfkompetisie plaas. Dit bied ‘n platform vir talentvolle skrywers om hulle kreatiwiteit ten toon te stel en hulle stories tot lewe te bring deur die boeiende medium van radio. Met ʼn totale pryspoel van R115 000 bied vanjaar se kompetisie aansienlike pryse vir deelnemers. Die sluitingsdatum is 30 Junie om 08:00. Klik op die hulpbronne hieronder vir meer inligting.

Klik hier om al die belangrike dokumente af te laai: https://www.rsgplus.org/rsg-atkv-2024-radiodramakompetisie

Foto's en Video's

Anthea Fredericks

Donderdag: 11:30 - 12:00

Remediërende leeskenner Brand van Dyk praat oor die ontwikkeling van kinders se leesvaardighede.

Geen aanbieders

Donderdag: 14:45 - 15:00

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie
Regie: Denver Vraagom
EPISODE 8:
Barend gaan werk saam met Lionel Jansen sodat hy fotos kan neem vir sy skilderye en beplande uitstalling by die galery. Dominee Malan besoek Jolene, en vertel haar dat Lionel baie aggressief teenoor hom opgetree het. Hy stel voor sy kry Lionel by ‘n sielkundige vir terapie.

Mart-Leen Oosthuizen

Donderdag: 19:30 - 20:00

Tieners en selfbeeld – Hoe kan ouers weet as daar fout is? Hoe kan hulle hulle tieners help?

Ettienne Ludick

Donderdag: 20:00 - 20:30

ANARGIE SONDER ANTIBIOTIKA deur Ettienne Ludick
Sedert Fokofpolisiekar hulle verskyning in 2003 gemaak het, het hulle die Afrikaanse musiekbedryf in ‘n ander rigting gedwing. Terwyl konserwatiewes warm onder die kraag was, het duisende ondersteuners die groep gevolg, honger vir ‘n verandering in Afrikaans en sy musiek. Fokofpolisiekar vier in 2024 hulle mondigwording… 21 jaar van nié die norm wees nie. Ettienne Ludick het met die lede gesels oor hulle reis van langer as twee dekades – die goed, die sleg, die weer begin, en die enorme impak van die vyf bendelede van Belville…

Terrance April

Donderdag: 21:20 - 22:10

Luister na die IN PARADISUM-deel Faure se REQUIEM; ‘n beweging uit Francisco Javier Moreno se Simfonie in E-mol-majeur; en ‘n aria uit Giovanni Persiani se INES DE CASTRO.

Eloise Pretorius

Vrydag: 05:25 - 05:55

Elandri Strydom, die koördineerder van die Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar-kompetisie, praat oor die kriteria en sluitingsdatum van vanjaar se kompetisie. Jannie Strydom, die bestuurshoof van Agri Wes-Kaap, bespreek die rol van georganiseerde landbou. Die bestuurshoof van Fruit SA, Fhumulani Ratshitanga, vertel van die projekte wat die organisasie aanpak, en wat beplan word vir 2024. Dr. Stephano Haarhoff, landboukundige in die Agri Carbon Koolstofkredietprogram by Climate Neutral Group Suid-Afrika, het nuus oor koringproduksie in en buite Suid-Afrika.

Lise Swart

Vrydag: 11:30 - 12:00

Hoë konflik kan verstaan word wanneer dit binne die huwelik plaasvind en lei tot egskeiding, maar wat gaan verkeerd as die konflik hoog bly en selfs aanhou, lank ná die egskeiding. Wat gebeur met die kinders?

Geen aanbieders

Vrydag: 14:45 - 15:00

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie
Regie: Denver Vraagom
EPISODE 9:
Barend en Wilma vertrek Kaapstad toe om inkopies te doen. Wilma is ongelukkig dat hulle vir almal goed moet saambring. Lionel en Manie vind mekaar wanneer Lionel uitvind dat Manie weier dat Sammy by hom kom woon. Barend en Wilma besoek Bloubergstrand vir ‘n sonsak, en word onverwags beroof.

Geen aanbieders

Vrydag: 19:20 - 19:30

Thandi, die ongeliefde.

Fliekrubriek

malpractice-1

Malpractice (Reeks)

8/10
Daar sit jy op ‘n Sondagaand. Die kuiermense is weg, die braaivleis wat oorgebly het is in Tupperware-bakke toegemaak,…
no-exit-1

No Exit

7/10
Gee NO EXIT op Disney+ ‘n kans. Dit lyk op die oog af soos ‘n gemiddelde aksiefliek wat vervelig…

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media:

Resepte

Close Menu