06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Renske Jacobs
Gustav Greyling

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Groeipyne

Met Anthea Fredericks

Tuis | Video's | Kuns met kontant – Jannie du Toit

Kuns met kontant – Jannie du Toit

Ingestuur deur: Henco Kruger

Gesien: 1955

Mense
In die laat jare sewentig is daar liedjie-aande gehou tussen bekende vriende by ‘n huis in Pretoria. Die bekende vriende was Koos Doep, Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen, Lucas Maree, Anton Goosen, Sonja Herholdt en Laurika Rauch. By daardie huis het die Musiek-en-Liriekbeweging begin. Dit was Jannie du Toit se huis. Dié gevierde sanger, liedjieskrywer en pionier van die Musiek-en-Liriekbeweging is ook die vader van Kleinkuns in Afrikaanse musiek, wat ook gou onder die invloed van die Europese Kleinkuns gekom het, veral van Jacques Brel. Jannie versorg in 2019 ‘n reeks praatjies vir RSG, Edelwyn, oor sy liefde vir hierdie genre. Sy eerste openbare sangvertoning vind ook sy oorsprong by RSG toe Jannie in 1971 by Fanus Rautenbach se tienjaar-feesvieringe van die gewilde oggendprogram, Flink uit die vere, opgetree het. Hierdie aflewering van Kuns met Kontant gee vir ons ’n blik op Jannie du Toit se legendariese loopbaan van 50 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf. Jannie was nooit iemand wat kommersiële sukses nagejaag het nie. Hy vertel vir Henco Kruger hoe sy passie vir taal en musiek hom finansieël gedra het die afgelope 50 jaar. Hy laat ‘n wonderlike skatkis agter en lewer ‘n onskatbare bydrae tot die Afrikaanse musiekbedryf, wat baie mense geneig is om te onderskat.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: