06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Renske Jacobs
Gustav Greyling

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Doen jou eie ding

Met Ryk van Niekerk

Tuis | Video's | Kuns met kontant – Rikus de Beer

Kuns met kontant – Rikus de Beer

Ingestuur deur: Henco Kruger

Gesien: 1404

Mense
Jonathan van Radio Raps-faam is almal se vriend. Hy is eerlik, spontaan en lewenswys. Ons almal het daai een vriend wat soos hy is, tog is daar altyd ‘n positiewe ondertoon in alles wat hy sê en doen. Hy herinner ons aan goed wat ons almal weet, maar soms te skaam is om self te sê. Hy is ‘n fyn waarnemer, nes die skepper van hierdie karakter, Rikus de Beer. Henco Kruger het al vroeg tydens die reeks van Kuns met Kontant die vooropgestelde idee laat vaar dat hy heeltyd sal lag tydens sy kuiers by legendariese komediante. Hierdie kuier was weer eens bewys daarvan, want Rikus de Beer is ‘n diep denker en filosoof met ‘n kop vir besigheid. Hy ken sy teikenmark uitstekend, en die produk wat hy uiters suksesvol aan sy kliënte via Radio Raps en Hennie’s verkoop, is ontvlugting.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: