00:00 – 00:30 Gesondheid (herhaling)
00:30 – 01:00 Regsake (herhaling)
01:00 – 02:00 Kapityt! (herhaling)
02:00 – 02:30 Sondagaand-geloofsgespreksreeks (herhaling)
02:30 – 03:00 Kompas (herhaling)
03:00 – 04:00 Musiek
04:00 – 05:00 Goue Oues (herhaling)
05:00 – 05:25 Musiek
Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika sê die Sitrus Sekondêr-program skep ‘n geleentheid vir leerders om ‘n reeds erkende plantproduksie-kwalifikasie op hoërskool te behaal. Dit word deur die Sitrusakademie aangebied. Jacomien de Klerk, die bestuurshoof van die akademie, sê meer as 450 leerders sal na verwagting vanjaar vir die program inskryf. Die opvoedkundige geleentheid word oor twee jaar gefasiliteer, en is gemik op graad 10 en 11-leerders. Het jy geweet Suid-Afrika plant meer Chenin Blanc aan as enige ander plek in die wereld? Ons kyk ook na die uitvoertendense. Cornelius Ooshuizen, hoofbestuurder van Koppert Suid-Afrika, praat oor mikro- en makro-gewasbeskerming.
Die Monitorspan hou jou op hoogte van die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Lizelle de Bruin praat met dr. Dave Viljoen oor die kruisgebeure. Meestertuinboukundige dr. Ernst van Jaarsveld gesels oor die olyfboom. TV-persoonlikheid Marinda Engelbrecht deel ‘n paar resepte vir Paassondag.
Luister na van die bekendste klassieke Afrikaanse gedigte oor Paasfees deur die digters W.E.G. Louw, Elisabeth Eybers, Lina Spies en Isak de Villiers. Daar is ook verse oor die feestyd om na uit te sien deur onder andere Tom Gouws, Cas Vos en Ina Rousseau. Die voorlesers is Marion Holm en Nic de Jager.
Johan Rademan kyk na die verskillende weergawes van die dissipels oor Jesus se kruisdood soos opgeteken in die Evangelies. ’n Uitsonderlike moderne uitbeelding van die vrou wat Jesus se voete gewas het, kom uit Jopie Coetzee se Paasroman, Aangeraak. Nic de Jager lees dit voor.
PAASTRADISIES – VAN DIE BO-KAAP TOT DIE SWARTLAND, SWITZERLAND EN ZIMBABWE
Die Paastyd is ‘n spesiale tyd van hoop, liefde en samesyn. Haidee Muller en Christine Wessels kuier by jongmense van verskillende kulture, gelowe en tradisies om meer uit te vind oor hulle ervarings van hierdie spesiale tyd van die jaar. (Hierdie is ‘n heruitsending van ‘n Befonk-program van 2012)
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za