15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Video's | RSG Red ‘n Plaas 2023 | Droogte, Verlies & Hoop

RSG Red ‘n Plaas 2023 | Droogte, Verlies & Hoop

Ingestuur deur: Amore Bekker

Gesien: 2917

Algemeen
Jou donasie kan ’n reuse-verskil maak aan lewens van die landbougemeenskap in droogtegebiede van die Noord-Kaap. Mense soos Berto Archer, wat boer naby Kamieskroon, en Elton Vries, wat boer naby Springbok. Hulle vertel hul stories in die video hierbo. Maak ’n donasie deur te kliek op die webskakel: http://caritas.org.za/red-n-plaas/ en die instruksies te volg. Meer oor hierdie projek: Die NG Kerk Noord-Kaapland, in samewerking met hul maatskaplike vennote Caritas Gemeenskapsfokus en Diakonia, www.kerkbode.co.za en die landbouorganisasie Agri Noordkaap, vat vanjaar hande met RSG Red ’n Plaas-Camino. Die projek sluit ’n 166 km staptog in vanaf Williston tot by Verneukpan vanaf 14-22 April. Die doel met die projek is, weereens, om fondse in te samel wat gebruik sal word vir humanitêre hulp aan boere en gemeenskappe in die Noord-Kaap wat swaarkry. Die afgelope droogte word gereken as een van die ergstes wat die streek nog getref het. In dele van Namakwaland is die droogte na agt jaar steeds nie oor nie. Selfs al reën dit goed, gaan dit jare neem vir die streek om weer ekonomies op dreef te kom. Die rimpel-effek van die droogte is dat nie net boere swaar kry nie maar die gemeenskappe rondom hulle ook. Donasies kan gemaak word aan: RSG Red ‘n Plaas Camino FNB Rek nr 62614450435 Takkode: 230101 Verwysing: plaas + jou naam

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: