23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Video's | Vroue vereer in musiekvideo

Vroue vereer in musiekvideo

Ingestuur deur: Amore Bekker

Gesien: 881

Musiekvideos
Kunstenaars wat vroeër vanjaar optredes in Suidoosterfees-produksies moes kanselleer as gevolg van die Covid-19-pandemie, het talente saamgesnoer in ’n spesiale musiekvideo wat Suid-Afrikaanse vroue vir hulle inspirerende diens aan die gemeenskap eer. Akteurs en sangers het saam met die bekende digter Diana Ferrus aan die projek, vervaardig deur die Suidoosterfees en die Cape Town Music Academy (CTMA), deelgeneem. Cintaine Schutte, Buhle Ngaba, Nicole Holm, Babalwa Meintjies, Luna Paige, Lynelle Kenned en Jawaahier Petersen verskyn saam met twee inspirerende vroue, Naazneen Karriem en dr. Karienya Kasvalu, in die video. Die lied is Lucas Maree se lied “Die weduwee se kruik” gekombineer met ’n ode geskryf deur Diana Ferrus.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: