Tuis | Wat Gebeur | Gee hoop en warmte hierdie winter
Sluitingsdatum:
Deel op sosiale media:

Die nasionale veldtog, Winterhoop, is hierdie winter weer in aksie, waar duisende noodbehoewendes hulp en ondersteuning van verskeie nie-winsegewende organisasies ontvang.  Die uitdaging van die koue word vererger deur die COVID-19-pandemie, wat kwesbare gemeenskappe ‘n geweldige knou toedien.  Winterhoop daag die publiek uit om te betrokke te raak deur komberse, warm klere, nie-bederfbare kos, skuiling en veiligheidsmiddele soos maskers, sanitasie- en skoonmaakmiddele te skenk. Winterhoop het verlede jaar meer as 2 500 komberse, 1 500 mussies, 3 500 inkopiesakke kos en klere, asook 8 000 beddens beskikbaar gemaak teen die koue.  Byna 200 aflaaipunte landwyd sal onder die vaandel van Winterhoop insamelings behartig en versprei na hulpbehoewende gemeenskappe. Raak betrokke. #GeeHoop #GeeWarmte

winterhoop@mes.org.za
011-725-0001
www.winterhoop.org

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: