Tuis | Wat Gebeur | WinterHOOP is meer as net komberse en klere!
Sluitingsdatum:
Deel op sosiale media:

Die NG Gemeente Welgemoed het hulle jong kinders en tieners ingespan om uit te reik na die haweloses in Kaapstad. Op Sondag 29 Mei het die jongspan worsrolletjies voorberei vir die ongeveer 60 hawelose mense wat nagskuiling vind by MES Kaapstad in Bellville. Die tieners het die worsrolletjies bedien en saam met die MES-kliënte gekuier. Dit is met groot waardering ontvang, en soms is dit ‘n eenvoudige worsrolletjie of koppie sop wat ‘n hart weer kan warm maak van die wete dat mense omgee.

Gaan na www.winterhoop.org vir meer inligting oor aflaaipunte vir donasies, en ook hoe jy ‘n verskil in iemand se lewe kan maak.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: