Tuis | Wat Gebeur | Stap die camino ten bate van boere in die Noord-Kaap
Sluitingsdatum:
Deel op sosiale media:
Victoria Wes Camino

Die Red-‘n-plaas, Red-‘n-Gemeenskap Camino vind plaas vanaf 6 – 12 April 2024 in die Victoria-Wes distrik. Die Camino strek oor 7 dae waar stappers ’n afstand van 139 km gaan aflê. Die jaarlikse Camino is die vlagskipprojek vir die RED ’n PLAAS, RED ’n GEMEENSKAP-Rampfonds. Die rampfonds fokus daarop om landelike gemeenskappe by te staan wanneer natuurrampe in die Noord-Kaap plaasvind. Die Noord-Kaap en omliggende streke is die afgelope paar jaar geteister deur ‘n verskeidenheid rampe, veral die uitmergelende droogte, sprinkaanplae en verwoestende veldbrande. Jy kan of fisies die roete gaan stap, of deelneem aan ons virtuele uitdaging. Stap saam, of jy nou in Brakpan, Kaapstad of Duitsland bly. Almal is welkom om saam te stap, of selfs met ’n fiets of rolstoel te ry – op jou plaas, om jou kerk, skool of sommer straat af. Enige persoon kan deel raak van hierdie inisiatief om geld in te samel vir rampe in die Noord-Kaap. Gaan na https://rednplaas.org.za/ vir meer besonderhede.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: