Tuis | Wat Gebeur | Wen jou Oppiwater-kajuit heeltemal gratis!
Sluitingsdatum:
Deel op sosiale media:

Jy kan vir jou en jou metgesel ‘n kajuit vir twee by die Oppiwater Kunstefees van 4 – 8 April 2022 heeltemal gratis en verniet wen!!! Met die komplimente van MSC Cruises, RSG en Lefra Produksies gee ons vyf kajuite weg! RSG en Lefra se Oppiwater Kunstefees vaar aanstaande jaar van Durban af na Pomene in Mosambiek. Ons hou natuurlik Kunstefees dat die biesies bewe met meer as 20 top Afrikaanse teaterproduksies. Hoe gemaak om in aanmerking vir ‘n gratis kajuit te kom? Bespreek voor 12:00 op 30 Julie 2021, en dan kom jy outomaties in die trekking om ‘n kajuit vir 2 persone gratis te kry! Jy hoef slegs ‘n deposito van R3 000 te betaal, en die balans teen Desember. Nie net wen jy die tipe kajuit waarvoor jy bespreek het nie, maar ook kaartjies na al die feesproduksies wat jy wil sien. Wenners moet self in Durban kom. Die wenners sal op Saterdag 31 Julie op Brêkfis met Derrich bekendgemaak word. Bespreek nou by 087-630-0333 of by www.oppiwater.co.za en kom hou fees saam met Derrich Gardner, Amore Bekker en Johan Rademan en van Afrikaans se beste teaterproduksies en kunstenaars. Vir navrae, skakel Lefra by 011-815-3000 of stuur e-pos na oppiwater@rsg.co.za.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: