logo_sabc_header

23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Dinsdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Maak die skuif na eksklusiewe Rhebokskloof

Maak ‘n ikoniese wynplaas jou nuwe tuiste. Met slegs 48 eksklusiewe erwe beskikbaar, bied die Rhebokskloof-landgoed buite die Paarl ’n landelike leefstyl op 185 ha met gevestigde wingerde, fynbos en weidingskampe.

Besoek https://www.rhebokskloof.co.za/estate/

RSG-radiodramaskryfkompetisie in samewerking met ATKV

Vanjaar vind die 28ste RSG-radiodramaskryfkompetisie plaas. Dit bied ‘n platform vir talentvolle skrywers om hulle kreatiwiteit ten toon te stel en hulle stories tot lewe te bring deur die boeiende medium van radio. Met ʼn totale pryspoel van R115 000 bied vanjaar se kompetisie aansienlike pryse vir deelnemers. Die sluitingsdatum is 30 Junie om 08:00. Klik op die hulpbronne hieronder vir meer inligting.

Klik hier om al die belangrike dokumente af te laai: https://www.rsgplus.org/rsg-atkv-2024-radiodramakompetisie

Foto's en Video's

Lise Roberts

Woensdag: 05:25 - 05:55

Dis peerseisoen in Suid-Afrika, en Tru-Cape moedig verbruikers aan om die uniekheid van die Abate Fetel-kultivar te ontdek. Buks Nel en Henk Griessel vertel waarom dié peerkultivar so besonders is. Volgens die Graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika het Suid-Afrika die afgelope seisoen 195 000 ton witmielies suksesvol uitgevoer. Hein Rehr gee terugvoer oor hierdie en ander graanuitvoere, asook hulle onlangse simposium. Wanneer en hoe besluit ‘n produsent watter tegnologie belangrik en toepaslik is vir die gebruik van spilpunte op lande? Chrisjan Jansen van Vuuren van Lindsay Africa gee raad.

Marí Hudson

Woensdag: 11:30 - 12:00

Ons ken die advertensie waar FAF de Klerk in ’n klein ysbad sit. En om soggens vroeg in yskoue seewater te swem, is gewild. Watter uitwerking het ysbaddens of swem in koue water op jou liggaam? Kan dit spiere help om te herstel? ’n Ysbad of swem in koue water het onverwagte voordele. Mari Hudson praat met ’n sportwetenskaplike.

Geen aanbieders

Woensdag: 14:45 - 15:00

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie
Regie: Denver Vraagom
EPISODE 31:
Ester verras Ryno met ‘n croissantontbyt, en waarsku hom dat Ronel se pa, Albert Jooste, en sy nuwe meisie, Marita Marais, vandag by die gastehuis intrek. Albert en Marita arriveer vroeër op die dorp, en hulle verras Ronel by haar restaurant. Die dorp word deur nog ‘n ligte aardskudding getref.

Geen aanbieders

Woensdag: 19:20 - 19:30

Die sportdag.

Barrie Ferreira

Woensdag: 19:30 - 20:00

Barrie Ferreira praat met Carla Pretorious, ‘n sosialemedia-regskenner, oor die gevolge wat jou kommunikasie op sosialemedia kan hê. Hy praat ook met Hannelie Otto en André Gouws, twee kommunikasiedosente, oor die belangrikheid van profesionele digitale kommunkasie tussen leerder/student en dosent/onderwyser.

Ilse Salzwedel

Woensdag: 20:00 - 21:00

Jeanette Ferreira vertel vir Ilse Salzwedel van die storie agter haar jongste roman, DIE MELKWEG EN DIE MISKRUIER. In Johan Myburg se internasionale insetsel kan jy meer uitvind oor Meta, die sosiale mediaplatform, se beweerde plan om ‘n bekende uitgewery te koop om hulle kunsmatige intelligensie-toepassing ‘n hupstoot te gee. Johan het ook vir jou nuus oor die kortlyste vir die International Booker en die Kanadese Carol Shieldsprys. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor vier boeke wat sy vir luisteraars kan aanbeveel: DONKERTYD (Mariël le Roux), DIE BEWEGING VAN BLOED (Pieter Stoffberg), LOVE AND FURY (Margie Orford) en PAINTING A LIFE IN AFRICA (Joan van Gogh).

Lise Roberts

Donderdag: 05:25 - 05:55

‘n Luisteraar het ‘n dokumentêr oor voerkrale in die VSA gesien, en was geskok oor die grootte van die fasiliteite en die omstandighede waarin die diere leef. Dr. Shaun Morris van Octavoscene praat oor die welsyn van diere in Suid-Afrikaanse voerkrale. AGT Foods Africa het onlangs sy oorname van Pannar se droëboonbesigheid aangekondig, en ons kry meer besonderhede daaroor. Daar soos altyd nuus oor vleispryse en die weer.

Geen aanbieders

Donderdag: 14:45 - 15:00

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie
Regie: Denver Vraagom
EPISODE 32:
Barend wil aksiefoto’s van Manie en sy manne by die brandweerstasie neem, maar Manie praat net oor sy ma en Wilma se liefde vir mekaar. Dominee Malan is bekommerd oor Wilma wat hom by die kerkraad gaan verkla het. Jolene en Lionel gaan hou vakansie by Warmwaterberg in die Karoo.

Hazel Janse van Rensburg

Donderdag: 19:30 - 20:00

Estel de Beer, die hoof van die mandaatprogramme by RSG, gee raad aan Gen Z oor wat kan bly en wat liefs moet gly as dit kom by kommunikasie in die werkplek.

Geen aanbieders

Donderdag: 20:00 - 21:00

TAAISPUL deur Madeleine Venter
Regie: Mari Snyman
Ou liefde roes nie, lui die spreekwoord. As dit jou het, het dit jou. Daar is nie wegkomkans nie. Die liefde is ‘n taaispul. Dirk kry op sy oudag spyt oor die skoolliefde wat hy 40 jaar gelede deur sy vingers laat glip het. Hy glo vas dat die glibberige Eben destyds vir Lea van hom afgerokkel het, en besluit dat dit nou die tyd is om haar terug te wen. Die eksentrieke Katrien, ‘n Help-‘n-senior-vrywillige, help hom – teen betaling natuurlik. Sal Lea haar man, Eben, los vir Dirk? Dirk glo die inligting wat hy oor Eben het, sal Lea oortuig. Die spelers is Anton Dekker, Anton Schmidt en Elma Potgieter. Die jonger weergawes van die karakters is vertolk deur Charlie Bourguenon, Izel Bezuidenthout en David Louw. TAAISPUL is die wenner van die derde prys in RSG se 2023 radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

Terrance April

Donderdag: 21:20 - 22:10

Luister na ‘n aria uit Francesco Cavalli se opera, ORMINDO; die overture uit Albert Lortzing se opera, REGINA; en ’n deel uit ‘n simfonie van Muzio Clementi.

Fliekrubriek

0412-scoop-1

Scoop

8/10
SCOOP op Netflix sal veral joernaliste en nuusvrate se aandag trek. Dit gaan nie net oor die berugte onderhoud…
0412-white-lies-1

White Lies (Reeks)

6/10
WHITE LIES is ‘n plaaslike reeks, alhoewel Natalie Dormer van Game of Thrones-faam die hoofrol speel. ‘n Ouerpaar word…

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media:

Resepte

Close Menu