Die Suid-Afrikanse span dokters van GIFT OF THE GIVERS in Darkoush word oorval deur slagoffers van die burgeroorlog wat reeds langer as twee jaar duur. Die hospitaal in die noordwestelike gebied naby die grens met Turkye is van vroegoggend reeds gepak met pasiente.