Skip to content

Potgooi

Sorteer volgens:
Vertoon:
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 7

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 7

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-09-25
Daar is ‘n groot partytjie in Schoemanskloof, en almal, insluitend Neels en Klara, daag op. Hulle trek baie aandag. Ironies genoeg is die partytjie die oorsaak dat hulle opnuut hulle gevoelens vir mekaar besef, en agterkom dat hulle by die dag meer van mekaar hou.
Jufrou Cynthia floreer ondanks teenkanting

Jufrou Cynthia floreer ondanks teenkanting

Kategorie: Driesestig2026-09-25
Destyds, toe sy in haar vroeë veertigs ‘n pos as hoof van ‘n laerskool op Heidelberg gekry het, is daar omtrent gegons en gefrons. Haidee Muller-Isaacs hoor Cynthia Roberts het haar goed van haar taak gekwyt, ten spyte van die teenkanting.
360 Speseryroete: Die kos en kultuur aan die Kaap in die 1800’s (Deel 2)

360 Speseryroete: Die kos en kultuur aan die Kaap in die 1800’s (Deel 2)

Kategorie: Driesestig2026-09-25
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van die opmerkings van ‘n Engelse dame in haar boek, Life At The Cape A Hundred Years Ago, oor kos aan die Kaap in die 1800’s.
Stanford se koraalboom

Stanford se koraalboom

Kategorie: Driesestig2026-09-25
Kalika Redelinghuys vertel vir Martelize Brink van die koraalboom in Stanforf met sy rooi blomme op kaal takke.
KI-maat

KI-maat

Kategorie: Driesestig2026-09-25
In Suid-Korea gons dit oor ’n tv-realiteitsprogram, My AI Partner: Strange Love. Glanspersoonlikhede kry die geleentheid om ‘n kunsmatige intelligensie-metgesel saam te stel en tyd daarmee te spandeer.
Spektrum: DA vra vir ingryping by reguleringsowerheid vir private sekuriteitsbedryf

Spektrum: DA vra vir ingryping by reguleringsowerheid vir private sekuriteitsbedryf

Kategorie: Spektrum2026-09-25
25 September 2026: ‘n Boete van so veel as R100 000 voorgestel vir die indiensneming van ongedokumenteerde buitelandse werknemers. Die DA vra vir ingryping by die reguleringsowerheid vir die private sekuriteitsbedryf. ‘n Oudiovisuele boek is in die pyplyn om die N/uu-taal van uitsterwing te red.
Wie is ek: Stres; Emosionele verantwoordelikheid

Wie is ek: Stres; Emosionele verantwoordelikheid

Kategorie: Wie is ek2026-09-25
25 September 2026: Wanneer begin stres jou verander? En, hoekom voel jy soms uitgeput, selfs wanneer jy eintlik niks fisies gedoen het nie? Jy kan tog nie verantwoordelik wees vir hoe almal rondom jou voel nie… of kan jy? Waar eindig empatie, en waar begin emosionele verantwoordelikheid?
Hoe gaan dit met jou kind? 25 September 2026

Hoe gaan dit met jou kind? 25 September 2026

Kategorie: Intussen2026-09-25
Pediatriese pulmonoloog dr. Delano Rhoode gee raad oor kinderkwale. Hy praat oor die sielkundige nadraai van besnyding; en kinkhoes.
Antoinette sê… 25 September 2026

Antoinette sê... 25 September 2026

Kategorie: Intussen2026-09-25
Antoinette Pienaar praat oor hoe om jou lewer te help ná die winter.
Stuit Swendelary met Capitec – Deel 22

Stuit Swendelary met Capitec – Deel 22

Kategorie: Op en Wakker2026-09-25
Bedrog kan enigeen tref, en dikwels is dit juis vertroue, vrees of dringendheid wat mense se oordeel vertroebel. Familie en vriende kan ’n belangrike rol speel om daardie rooi ligte raak te sien. Hoe herken ons die waarskuwingstekens, en hoe help ons mekaar om veiliger aanlyn en met ons geld om te gaan? Ons praat […]
StroomAf 25 September 2026

StroomAf 25 September 2026

Kategorie: Op en Wakker2026-09-25
Leon van Nierop en Brad Pitt beland in Alaska op ’n oorlewingstog.
Fopnuus in die spervuur voor plaaslike verkiesing

Fopnuus in die spervuur voor plaaslike verkiesing

Kategorie: Op en Wakker2026-09-25
Elke Vrydag maak ons maalvleis van mites en fopnuus. Ons kyk ons na nuwe reëls wat politieke partye en onafhanklike kandidate moet keer om kiesers met vals of misleidende inligting te beïnvloed. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se nuwe gedragskode plaas onder meer ’n verpligting op deelnemers om die akkuraatheid van inhoud te verifieer, en vals inligting […]
Historiese Almanak: Nobelpryswenners en honde

Historiese Almanak: Nobelpryswenners en honde

Kategorie: Op en Wakker2026-09-25
25 September 2026: Albé Grobbelaar praat oor enkele van die vroeë wenners van die Nobelprys vir Fisiologie en Geneeskunde. Daar word ook oor ’n paar baie ongelukkige honde gesels.
Sakenuus: Hoër inflasie en hoër rentekoerse

Sakenuus: Hoër inflasie en hoër rentekoerse

Kategorie: Op en Wakker2026-09-25
25 September 2026: Willem Basson van die Efficient-groep praat oor inflasie en rentekoerse.
KI en die toekoms van nuus: Kan ons dit nog vertrou?

KI en die toekoms van nuus: Kan ons dit nog vertrou?

Kategorie: Op en Wakker2026-09-25
Kunsmatige intelligensie is volgens die jongste navorsing reeds deel van meer as die helfte van die aanlynbevolking in Suid-Afrika se gereedskapkis. Van ChatGPT tot jou selfoon wat voorspel wat jy gaan tik, KI raak al hoe meer deel van ons daaglikse lewe. Die vraag is dus nie meer óf KI ons lewe gaan verander nie, […]
Kultuurkaravaan: Heidelberg se bydrae tot die skatkis

Kultuurkaravaan: Heidelberg se bydrae tot die skatkis

Kategorie: RSG en Virseker Kultuurkaravaan2026-09-25
Die RSG-Kultuurkaravaan het die afgelope paar weke deur die land gereis, en elke dorp het iets besonders in die kultuurskatkis gepak. Ons begin om dié skatkis oop te maak – een dorp, een skat op ’n slag. Ons vind uit wat Heidelberg in die Wes-Kaap in die skatkis gesit het.
Bozell neem AfriForum se veiligheidsplan na Ramaphosa

Bozell neem AfriForum se veiligheidsplan na Ramaphosa

Kategorie: Op en Wakker2026-09-25
Pogings om via die Amerikaanse regering druk op Suid-Afrika te plaas, is hierdie week na ’n nuwe vlak geneem. Môre word 3 000 wit kruise in Washington geplant ter nagedagtenis aan mense wat vermoor is in plaasaanvalle, en ’n dokumentêr daaroor sal ook in die Withuis vertoon word. Dit volg enkele dae ná die Amerikaanse […]
Wat jy vandag moet weet 25 September 2026

Wat jy vandag moet weet 25 September 2026

Kategorie: Op en Wakker2026-09-25
Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.
Monitor: Bek-en-klouseer steek kop uit in Namibië

Monitor: Bek-en-klouseer steek kop uit in Namibië

Kategorie: Monitor2026-09-25
25 September 2026: 164 Suid-Afrikaners is reeds vanjaar in 38 voorvalle van massaskietery dood. Die One Billion Rising South Africa-organisasie betoog teen vrouemoorde in Kaapstad. Bek-en-klouseer steek kop uit in die Kharas-streek in Namibië.
Ikra 25 September 2026

Ikra 25 September 2026

Kategorie: Ikra2026-09-25
‘n Gewyde boodskap vir RSG se Moslemluisteraars.

1-20 van 66162 potgooisnitte(s)