Skip to content

Brandpunt

Potgooi

Brandpunt

Brandpunt: Liggaam van vyfde vrou in Ekhuruleni gevind

Brandpunt: Liggaam van vyfde vrou in Ekhuruleni gevind

Kategorie: Brandpunt2026-09-14

14 September 2026: Misdaadintelligensie ontleed risiko’s in aanloop tot munisipale verkiesings om brandpunte uit te wys. Die liggaam van ‘n vyfde vrou is in Olifantsfontein in Ekhuruleni gevind. Nog ‘n week van reën, donderstorms, skadelike wind en koue temperature wag op Suid-Afrikaners in die meeste provinsies.

Brandpunt: Operasie Shanela lei tot meer 38 000 arrestasies in Gauteng in vier maande

Brandpunt: Operasie Shanela lei tot meer 38 000 arrestasies in Gauteng in vier maande

Kategorie: Brandpunt2026-09-11

11 September 2026: Meer as 38 000 mense is tussen April en Julie vanjaar in Gauteng in hegtenis geneem deur Operasie Shanela. Navorsing dui daarop dat die ineenstorting van die Jagersfontein myn-slikdam voorkombaar was. Die regering gee, na jare se frustrasie, uiteindelik gehoor aan die pleidooi van vissers in Port Nolloth en Hondeklipbaai.

Brandpunt: Kommer oor nuwe dwelmmiddel, Oil Spice, in skole

Brandpunt: Kommer oor nuwe dwelmmiddel, Oil Spice, in skole

Kategorie: Brandpunt2026-09-10

10 September 2026: Die DBV sê daar is baie vrae ná sy ondersoek by die polisiefasliiteit in Roodeplaat waar ‘n veteraan polisiehond tragies beseer en uitgesit is. Die SAPD weerlê stellings op sosiale media wat beweer die huidige aantal polisierekrute uitsluitlik uit swart Suid-Afrikaners bestaan. Gauteng se Onderwysdepartement bekommerd oor ‘n nuwe dwelmmiddel, Oil Spice, waarmee leerders deurmekaar raak. Eben Etzebeth gaan sy rekord vir die meeste toetse verder verbeter.

Brandpunt: Parlement se afsettingskomitee gewikkel in een hofaansoek na ander

Brandpunt: Parlement se afsettingskomitee gewikkel in een hofaansoek na ander

Kategorie: Brandpunt2026-09-09

12 September 2026: Die Parlement se afsettingskomitee is toegewikkel in die een hofaansoek na die ander. Die voormalige Speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, getuig dat die elektroniese oorplasing van geld vir haar ‘n raaisel was. ‘n Suid-Afrikaanse man word vermis na ‘n gewapende aanval by ‘n kampterrein in Mosambiek.

Brandpunt: ANC sê ontevredenheid oor kandidaatlyste is nié ‘n aanval op OVK

Brandpunt: ANC sê ontevredenheid oor kandidaatlyste is nié 'n aanval op OVK

Kategorie: Brandpunt2026-09-08

8 September 2026: Die ANC sê sy ontevredenheid oor kandidaatlyste is nié ‘n aanval op die OVK nie. Die Parlement se ad hoc-komitee sit skouer aan die wiel om sy sperdatum te haal. Kry jou ID-kaart reg vir ‘n gratis besoek aan van die land se idilliese nasionale parke.

Brandpunt: Beaufort-Wes sonder water

Brandpunt: Beaufort-Wes sonder water

Kategorie: Brandpunt2026-09-07

7 September 2026: Inwoners van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap sonder water ná vloedskade aan hooftoevoer-pyplyn. Matriekleeders wat swak dissipline toon, kan dalk van hulle matriekafskeid verban word. SANParke skop nasionale parkeweek af.