Skip to content

Brandpunt

Potgooi

Brandpunt

Brandpunt: Die polisie soek 5 500 nuwe rekrute

Brandpunt: Die polisie soek 5 500 nuwe rekrute

Kategorie: Brandpunt2026-10-22

22 Oktober 2026: Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sê politieke onverdraagsaamheid en geweld sal nie tydens die verkiesingstydperk geduld word nie. Die polisiediens is op soek na 5 500 nuwe rekrute vir die 2026/2027-boekjaar. Durban se voormalige Funworld-terrein kan binnekort ‘n nuwe pretpark huisves, maar is die kool die sous werd?

Brandpunt: Hoogdrama by die King Phalo-lughawe in die Oos-Kaap

Brandpunt: Hoogdrama by die King Phalo-lughawe in die Oos-Kaap

Kategorie: Brandpunt2026-10-21

21 Oktober 2026: Minister Enoch Godongwana laat verbruikers ‘n sug van verligting slaak. Hoogdrama by die King Phalo-lughawe in die Oos-Kaap ná ‘n dreigement oor ‘n bom aan boord. Die Menseregtekommissie gaan dringend ingryp by die Bronkhorstspruit-waterkwaliteitskrisis.

Brandpunt: Shadrack Sibiya borgtog geweier

Brandpunt: Shadrack Sibiya borgtog geweier

Kategorie: Brandpunt2026-10-20

20 Oktober 2026: ‘n Ondersoek begin na die beweerde versuim deur Tshwane-amptenare om chloor in die drinkwater te gooi. Shadrack Sibiya, die voormalige adjunk nasionale polisiekommissaris, se borgtogaansoek is van die hand gewys. Grootskaalse onrus plaas toenemende druk op Europese regerings om op toenemende openbare ontevredenheid te reageer.

Brandpunt: Generaal Fannie Masemola hervat sy pligte

Brandpunt: Generaal Fannie Masemola hervat sy pligte

Kategorie: Brandpunt2026-10-19

19 Oktober 2026: Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, hervat sy pligte, en sê sy hoofprioriteit is om die polisiediens te verenig en institusionele integriteit te versterk. Suid-Afrikaners verloor in 2025 sowat R2,4 miljard weens digitale bankmisdaad. Oudpresident Thabo Mbeki het voor die Khampepe-kommissie van ondersoek in Johannesburg begin getuig.

Brandpunt: Lions-rugbyspeler sterf in Frankryk

Brandpunt: Lions-rugbyspeler sterf in Frankryk

Kategorie: Brandpunt2026-10-16

16 Oktober 2026: ‘n Rugbyspeler van die Lions is vanoggend in Frankryk voor die wedstryd teen La Rochelle oorlede. ‘n Getuie wat voor die Madlanga Kommissie van Ondersoek vlug, sal die naweek agter tralies deurbring. Die Weermag se Projek Kgala in samewerking met Kuba is ná onreëlmatige uitgawes van meer as R270-miljoen gestaak.

Brandpunt: ANC het ernstige vrae oor DA in RNE

Brandpunt: ANC het ernstige vrae oor DA in RNE

Kategorie: Brandpunt2026-10-15

15 Oktober 2026: Die ANC het ernstige vrae oor sy vennootskap met die DA binne die Regering van Nasionale Eenheid. Die voormalige adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, sal nog ‘n naweek agter tralies deurbring. Die wenner van vanjaar se Nobelprys vir Vrede, Navi Pillay, hoop om jong Suid-Afrikaners te inspireer.