Wat jy vandag moet weet 14 September 2026
Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.
Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.
Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.
Selfs in die Karoo kan jy nie aanlyn-swendelary ontsnap nie. Aanlyn-inkopiebedrog bly een van die mees algemene vorms van bedrog in Suid-Afrika, en kom in verskeie vorms voor. Aan die een kant is daar markplek-bedrog op platforms soos Facebook Marketplace en Gumtree, waar bedrieërs ‘n vooraf deposito of volle betaling vra vir goedere of dienste wat eenvoudig nie bestaan nie. Aan die ander kant is daar ‘n groeiende golf van vals aanlynwinkels, diensverskaffers en advertensies op sosiale media – veral Facebook, Instagram en TikTok, sowel as soekenjin-advertensies wat voorgee om legitieme winkels te wees, met goedere teen lae pryse óf wat nooit afgelewer word nie. Hierdie bedrog kos nie net individuele slagoffers geld nie, dit ondermyn ook verbruikersvertroue in wettige Suid-Afrikaanse klein aanlynhandelaars, wat toenemend moet bewys dat hulle regte, betroubare ondernemings is. Om hieroor te praat, sluit Jean Rossouw en Nick Harris van Capitec weer by ons aan.
‘n Mens hoor dikwels van kunstenaars, skrywers, digters en skilders wat doelbewus platteland toe trek om van die geroesemoes van die stad te ontsnap. Soms is die werklikheid minder romanties as wat hulle verwag het, en is hulle gou terug in groot dorpe of stede. Dan is daar kunstenaars wie se pad platteland toe loop, sonder dat dit beplan is, en die vryer lewe van die groot en wye ruimtes inspireer en dryf hulle na groter hoogtes. Op Willomore het ons twee kunstenaars raakgeloop wat nie beplan het om in die Karoo te gaan woon nie, maar wat hulle kuns suksesvol hier uitleef. Die een ‘n skilder, die ander ‘n digter. Sandra O’Kelly wie se gedig nou al jare ‘n voorgeskrewe werk vir Afrikaans Huistaal-matriekleerlinge is, kuier saam met ons. So ook Soretha Wagener, ‘n skilder wie se werk ver buite die grense van die Karoo gewild is.
9 September 2026: Albé Grobbelaar praat oor ‘n Engelse vrou, Mary Wollstonecraft, wat in die 18de eeu geleef het en as een van die heel vroegste vegters vir vroueregte beskou word.
10 September 2026: Dawie Klopper van PSG Wealth Pretoria-Oos praat oor makrofaktore wat die markte beïnvloed.