Skip to content

POTGOOISNITTE

Koalisies: Nuwe reëls, ou politieke speletjies?

Kategorie: Op en Wakker 2026-11-24

Die ANC sê hy stel nie belang in beheer oor munisipale geldsake nie, maar in dienslewering en stabiele koalisies. Dit volg nadat die party se topstruktuur gister oor moontlike koalisies beraadslaag het. Maar ons weet mos: Wat partye vooraf belowe en wat daarna gebeur, is nie altyd dieselfde ding nie. Intussen wil die regering met nuwe riglyne meer stabiliteit in koalisies bring, terwyl sakeleiers daarop aandring dat koalisie-ooreenkomste openbaar gemaak word. Die politieke ontleder dr. Harlan Cloete help ons om sin te maak van die nuwe spelreëls.