Hoe gaan dit met jou kind? 16 Oktober 2026
Pediatriese pulmonoloog dr. Delano Rhoode gee raad oor kinderkwale. Hy praat oor ’n sesjarige wat baie in haar slaap beweeg; en ’n driejarige wat sukkel met hardlywigheid.
Pediatriese pulmonoloog dr. Delano Rhoode gee raad oor kinderkwale. Hy praat oor ’n sesjarige wat baie in haar slaap beweeg; en ’n driejarige wat sukkel met hardlywigheid.
Antoinette Pienaar praat oor goedheid en guns.
Toinette Finlay Keel is die stigter van Wings of Gratitude op Lydenburgin Mpumalanga. Dis ‘n organisasie sonder winsbejag wat die gemeenskap bystaan met voedingsprogramme en praktiese hulp aan mense wat moet kies tussen kos, medisyne koop of huur betaal. Sy sien eerstehands die impak wat armoede op mense het. Ons praat met haar oor armoede, waardigheid, en die verskil wat ’n helpende hand kan maak.
Party mense ontdek hulle passie eers ná jare se ervaring, maar vir ander begin die reis sommer baie vroeg. Sjef Toerie van der Merwe was maar 17 jaar oud toe hy reeds as ’n sjef in die Weermag gewerk het. Dit was die begin van ’n loopbaan waarin kos, kreatiwiteit en entrepreneurskap ’n belangrike rol sou speel. Vandag is hy die man agter Njam Eatery in Linden, waar hy sy liefde vir kos en goeie geure uitleef. Hoe lyk die pad van ’n jong sjef in ’n militêre kombuis tot ’n gevestigde naam in die restaurantbedryf? Ons gesels met hom oor die beginjare, die lesse wat hy geleer het en die ervarings wat hom gevorm het.
Ons word dikwels aangemoedig om meer vrugte en groente te eet, maar wat gebeur met daardie produkte tussen die winkel en jou bord? Moet alles gewas word sodra jy by die huis kom? Waar bêre jy wat? En kan die verkeerde manier van bêre veroorsaak dat jou vars produkte vinniger bederf? Ons vra dié vrae aan Annelien Pienaar, ‘n voedselwetenskapdosent, kookboekskrywer en kenner wat ingewikkelde voedselwetenskap prakties vir die gewone huishouding verduidelik. Ons kyk na hoe om vrugte en groente veilig te hanteer en te bêre, met die doel om nie net voedselveiligheid te verbeter nie, maar ook om langer waarde uit jou vars produkte te kry.
Marinda Engelbrecht neem ons op ’n baie persoonlike reis deur die ervaring van iemand wat met obesiteit leef – die gevoelens, die selfbeeld en die dinge wat mense van buite af nie noodwendig raaksien nie. Dit is ’n eerlike gesprek oor wat dit beteken om jouself te probeer aanvaar wanneer jy lankal nie meer gemaklik in jou eie vel voel nie.