Skip to content

Spektrum

Potgooi

Spektrum

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

17 Augustus 2026: Johannesburg wil straaturineerders vasvat

17 Augustus 2026: Johannesburg wil straaturineerders vasvat

Kategorie: Spektrum2026-08-17

17 Augustus 2026: Die dodetal in Saterdagaand se bendeskietery in Newclare in Johannesburg styg tot vier. Die drukgroep teen ongedokumenteerde buitelanders, March and March, trek saam by die SAOG-beraad in Durban, op die dag wat die beraad migrasie bespreek. Johannesburgse beoog streng optrede teen mense wat op straat urineer.

Spektrum: Solidariteit sê hy hou Media24 se herskikkingsplan fyn dop

Spektrum: Solidariteit sê hy hou Media24 se herskikkingsplan fyn dop

Kategorie: Spektrum2026-08-14

14 Augustus 2026: Die Spesiale Ondersoekeenheid gaan byna R4 miljard se kontrakte tussen Khumzi Investments en die Oos-Kaapse Departement van Onderwys ondersoek. Solidariteit sê hy sal Media24 se sakeplan fyn bestudeer om vas te stel wat die maatskappy se rede vir sy herskikkingsplan is. Daar is kommer dat vroue steeds met stereotipes, kritiek en strukturele hindernisse te kampe het.

Spektrum: Graan SA ongelukkig oor JSE se sojaboonprysmodel

Spektrum: Graan SA ongelukkig oor JSE se sojaboonprysmodel

Kategorie: Spektrum2026-08-13

13 Augustus 2026: Graan SA betoog teen die JSE se sojaboonprysmodel. ‘n Beloning uitgeloof ná ‘n beweerde brandstigtingsvoorval by die Bloedrivier-erfenisterrein. Zambiërs trek vandag hulle kruisies in dié land se algemene verkiesing.

Spektrum: Hoe lank is ysige weer nog SA se voorland?

Spektrum: Hoe lank is ysige weer nog SA se voorland?

Kategorie: Spektrum2026-08-12

12 Augustus 2026: Uitspraak verwag in die saak teen die man, wat na bewering verantwoordelik is vir die brand by die Usindiso-gebou. Ysige weer tref groot dele van die land, maar vir hoe lank? Die gemeenskapspolisiëringsforum in Reiger Park sê meer mans moet betrokke raak in die stryd teen bendegeweld.

Spektrum: 14 vermeende onwettige mynwerkers in Noordwes dood

Spektrum: 14 vermeende onwettige mynwerkers in Noordwes dood

Kategorie: Spektrum2026-08-11

11 Augustus 2026: Ons praat met ons verslaggewer op die toneel waar 14 mynerwerkers dood is. Die jongste oor watter passe oop en watter toe is weens sneeu. Die tweede kwartaal se indiensnemingstatistiek is pas bekend.

Spektrum: Waar gaan nóg sneeu val?

Spektrum: Waar gaan nóg sneeu val?

Kategorie: Spektrum2026-08-10

10 Augustus 2026: Versoeke dat misdaadintelligensie-operasies versterk word in bendegeteisterde gebiede soos Reigerpark. ‘n Weerkundige verduidelik waar nóg sneeu gaan val. Arrive Alive waarsku dat sneeu- en ystoestande uiters versigtig aangepak moet word.