Skip to content

Middagvervolgverhaal

Potgooi

Middagvervolgverhaal

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie – Episode 38

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 38

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-08-17

Klets besluit sy gaan Blikkies se buitekamer vir Pieter inrig sodat hy daar kan bly. Pieter vertel vir Frans dat Nico spoorloos verdwyn het en dat sy ouers hom as vermis by die polisie gaan aangee het. Frans verras Sannie met ‘n romantiese ete en alkohol-vrye sjampanje.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie – Episode 37

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 37

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-08-14

Klets gaan maak reëlings met pastoor Fredericks vir Blikkies se begrafnis. Gerda besoek Sannie en is geskok om haar in so ‘n toestand te sien. Sannie gaan soek Frans op by Giel se Gat, en hulle herenig.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie – Episode 36

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 36

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-08-13

Klets wil by Sannie weet hoe sy pastoor Fredericks kan kontak om Blikkies se begrafnis te reël. Pieter daag by Rachel se woonstel op en vertel haar dat oom Blikkies oorlede is. Klets besluit om die vrou van die kostent te vra om met Sannie te kom praat omdat sy weer begin drink het.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie – Episode 35

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 35

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-08-12

Klets is histeries as sy verneem dat Blikkies die vorige aand oorlede is, en vra Sannie om haar hospitaal toe te vergesel. Louw is verbaas as hy hoor Blikkies se seun het vir Blikkies kom kuier by die hospitaal. Moolman neem Nico weer na die ou inryteater by die mynhoop, met ander planne.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie – Episode 34

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 34

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-08-11

Nico vra Pieter om verskoning oor die bakleiery met Dewald, en lei Pieter in ‘n lokval om Moolman te ontmoet. Pieter betrap sy ma met ‘n bottel wyn, en Sannie bieg sy het moed opgegee. Moolman besoek Blikkies by die hospitaal.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie – Episode 33

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 33

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-08-10

Louw lig Blikkies in dat Rachel blykbaar teruggetrek in die woonstel waar sy en Alet voorheen gewoon het. Klets verneem dat Blikkies ‘n brief vir sy seun geskryf het, en besluit sy gaan sorg dat Blikkies en sy seun herenig. Pieter word aangerand by die skool deur Dewald.