Skip to content

Regsake

Potgooi

Regsake

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Regsake: Regspraktisyns en die Regspraktykraad; Verborge gebreke en ‘n voetstootsklousule

Regsake: Regspraktisyns en die Regspraktykraad; Verborge gebreke en 'n voetstootsklousule

Kategorie: Regsake2026-07-20

20 Julie 2026: Prokureur Tiaan Joubert -praat in die derde van ons reeks van vier episodes oor die Regspraktykraad. Hy fokus op wat dit in praktyk vir regspraktisyns beteken om deur dié raad gereguleer te word. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek ‘n hofsaak wat handel oor of ‘n koper die verkoper vir verborge gebreke aanspreeklik kan hou in weerwil van ‘n voetstootsklousule.

Regsake: Die neem van foto’s en video’s in openbare plekke

Regsake: Die neem van foto’s en video’s in openbare plekke

Kategorie: Regsake2026-07-13

13 Julie 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat in die tweede van vier episodes oor die Regspraktykraad. Hy verduidelik wat hierdie regsliggaam vir jou kan beteken. Prokureur Est-marie McCallahan praat oor wat jy mag en nie mag doen met die neem van foto’s en video’s in openbare plekke.

Regsake: Wat doen die Regspraktykraad? Is POF aanspreeklik wanneer slagoffer selfdood pleeg?

Regsake: Wat doen die Regspraktykraad? Is POF aanspreeklik wanneer slagoffer selfdood pleeg?

Kategorie: Regsake2026-07-06

6 Julie 2026: Tiaan Joubert verduidelik wat die Regspraktykraad is, die raad se verhouding met die publiek en praktisyns, en watter ander regsliggame daar is om van bewus te wees. Prokureur Susan de Wet bespreek ‘n saak wat handel oor of die Padongelukkefonds aanspreeklik is wanneer ‘n ongelukslagoffer later selfdood pleeg.

Regsake: Personeelafleggings; Werking van howe

Regsake: Personeelafleggings; Werking van howe

Kategorie: Regsake2026-06-29

29 Junie 2026: Dr. Gerrie Ebersohn praat oor arbeidsreg en personeelafleggings. Elsa Kruger-Willemse verduidelik die hierargie en die werking en toeganklikheid van Suid-Afrikaanse howe.

Regsake: Skadevergoeding vir onregmatige arrestasie; Mag jou werk jou summier afdank?

Regsake: Skadevergoeding vir onregmatige arrestasie; Mag jou werk jou summier afdank?

Kategorie: Regsake2026-06-22

22 Junie 2026: Boedelspesialis Volker Krüger bespreek ‘n saak wat handel oor wanneer jy skadevergoeding van die Staat vir onregmatige arrestasie en aanhouding kan eis. Tiaan Joubert verduidelik of jou werkgewer jou summier mag wegjaag. Hy beantwoord onder meer vrae oor wat substantiewe billikheid behels, wanneer ‘n verhoor moet plaasvind, en of dit waar is dat jy eers drie waarskuwings moet kry voor jy afgedank kan word.

Regsake: Outeursreg; Aftreeouderdom

Regsake: Outeursreg; Aftreeouderdom

Kategorie: Regsake2026-06-15

15 Junie 2026: Patentprokureur Bianca Luwe praat oor outeursreg, wat mense soms dink slegs op skrywers, kunstenaars en musikante van toepassing is. Dr. Gerrie Ebersohn bespreek die arbeidsreg met betrekking tot jou aftreeouderdom.