Skip to content

Regsake

Potgooi

Regsake

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Regsake: Borgtog; Nasionale register vir seksuele oorstreders

Regsake: Borgtog; Nasionale register vir seksuele oorstreders

Kategorie: Regsake2026-10-19

19 Oktober 2026: Tiaan Joubert praat oor borgtog in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel. Wat is dit? Hoe word dit toegestaan? Wanneer word dit geweier? Elmari Richter beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor of dit wettig is om die nasionale register vir seksuele oorstreders openbaar te maak.

Regsake: Die Aktekantoor; Klousules in kontrakte waarvan  verbruikers moet weet

Regsake: Die Aktekantoor; Klousules in kontrakte waarvan verbruikers moet weet

Kategorie: Regsake2026-10-12

12 Oktober 2026: Tiaan Joubert fokus op die werksaamhede van die Aktekantoor. Est-Marié McCallahan bespreek ‘n onlangse hofuitspraak wat te doen het met die Verbruikerswet en verskaffers wat sekere klousules in kontrakte baie duidelik onder ‘n verbruiker se aandag moet bring, en dit nie net in die fynskrif kan wegsteek nie.

Regsake: Gesinsadvokate; Vakansieklub-kontrakte

Regsake: Gesinsadvokate; Vakansieklub-kontrakte

Kategorie: Regsake2026-10-05

5 Oktober 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat oor die rol en werk van ‘n gesinsadvokaat. Elsa Kruger Willemse beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die strik van lewenslange vakansieklub-kontrakte.

Regsake: Wat doen die balju? Werknemer moet R2,8 miljoen terugbetaal oor leun

Regsake: Wat doen die balju? Werknemer moet R2,8 miljoen terugbetaal oor leun

Kategorie: Regsake2026-09-28

28 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert bespreek die werksaamhede van die balju. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor ‘n onlangse hofuitspraak wat handel oor ‘n werknemer in Kaapstad wat R2,8 miljoen aan haar werkgewer moet terugbetaal omdat sy gejok het oor haar werkservaring.

Regsake: Meester van die hof; Peetouers

Regsake: Meester van die hof; Peetouers

Kategorie: Regsake2026-09-21

21 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert bespreek die werksaamhede van die Meester van die hof. Familieregkenner Elmari Richter verduidelik wat die reg oor peetouers sê.

Regsake: Skenkingsbelasting; Testamente, boedels en trusts

Regsake: Skenkingsbelasting; Testamente, boedels en trusts

Kategorie: Regsake2026-09-14

14 September 2026: Elsa Kruger-Willemse praat oor die kuns van gee, en wat jy moet weet van skenkingsbelasting in Suid-Afrika. Volker Kruger bespreek die geldigheid van ‘n testament sonder ‘n datum, inkomstebelasting by trusts, die verkoop van ‘n huis sonder die erfgename se toestemming, en ander vrae oor testamente, boedels en trusts.