Is jy ʼn gegradueerde wat jou kundigheid en talente wil inspan om ʼn verskil te maak in skole en gemeenskappe? Die Teach South Africa-program werf jong gegradueerders wat spesialiseer in vakke soos Wiskunde, Wetenskap, Tegnologie of Engels en plaas hulle in skole wat sukkel om die mas op te kom in dié vakke.