Skip to content

Kobus Burger

AANBIEDERS​

Kobus Burger

Kobus Burger is die programbestuurder van RSG. Voorheen was hy senior regisseur vir drama en opvoedkunde, asook uitvoerende regisseur: drama. Sy debuut-drama, Mara wie?, het in 2008 die top vyf van die Nagtegaal-tekskompetisie gehaal en in 2011 ’n ATKV-Mediaveertjie vir beste radiodrama gewen. Hy was ook kunsredakteur van Beeld en ’n resensent vir toneel, musiek en kabaret.

Burger het jare lank ’n leidende rol by die Absa KKNK gespeel,eers as voorsitter van die Kunstekabinet en later as programbestuurder. As opgeleide kreatiwiteitsafrigter onder dr. Eric Maisel, help hy kunstenaars om hul talent te ontgin. Sy kreatiwiteitslypskole is al by verskeie kunstefeeste aangebied. Hy was ook ’n deeltydse lektor in joernalistiek aan die Universiteite van Johannesburg en Pretoria, en die skepper van die bekroonde RSG Kunstefees en later RSG Skatkis.

Deel nou