Konstantin Sofianos, dosent in Engelse letterkunde aan die Universiteit van Kaapstad, gesels met Karen Jayes oor haar roman FOR THE MERCY OF WATER, wat haar onlangs The CNA/Sunday Times Literary Award for Fiction besorg het. Hulle praat onder meer oor die temas en metafore in die boek. Ilse Salzwedel gesels met Chanette Paul oor haar jongste spanningsroman, SIENDE BLIND. Chanette is ook manuskripontwikkelaar vir LAPA-uitgewers, en praat ook oor die skryfkuns in die algemeen. Terrance April se Afrika-skrywer van die week is JAHMAL MAHJOUB van Somalië.