Ilse Salzwedel praat met die Sestiger, Chris Barnard, oor sy loopbaan en gunsteling boeke. Sy praat ook met Deon Meyer, topverkoperskrywer van spanningsverhale, oor nuwe werk uit sy pen, asook oor Die Laaste Tango, die film waarvan hy nie net die draaiboek geskryf het nie, maar ook die regie behartig het. Johan Myburg praat oor die ondersoek na die oorsaak van die dood van die digter Pablo Neruda, asook oor Khaleid Houssini se jongste boek And the mountains echoed. Terwyl die wêreld gons oor die feit dat J.K. Rowling al die tyd die ware skrywer is van The Cuckoo’s Calling, wat in April gepubliseer is onder die naam Robert Galbraith, praat ons bietjie oor skrywers en hulle skuilname. Daar is ook ʼn argiefonderhoud met die skrywer Mikro – sy regte naam was Christoffel Hermanus Kühn – wat vanjaar 110 jaar gelede gebore is. Die opname is sestig jaar gelede gemaak. Vandeesweek stel Terrance April die Afrikaskrywer Morabu Morjele van Lesotho aan ons voor.