Die wenner van die Nobelprys vir letterkunde vir 2012 is pas bekendgemaak. Darryl Accone, boekeredakteur en kenner van Mandaryns vertel meer oor die Chinese skrywer, Mo Yan, wat die prys gewen het. Die bekende skrywer Elsa Joubert word op 19 Oktober 90 jaar oud. Corina van der Spoel het met prof. Willie Burger gesels oor die belang van Joubert se oeuvre en skryfwerk. Daar is ook ‘n onderhoud met Elsa Joubert waarin sy vertel hoe haar reis- en lewenservarings haar “ryp” gemaak het vir die storie van Poppie Nongena. Sy vertel ook wie die skrywers was wat haar beïnvloed het.