Skip to content

Chris se waatlemoen-braaisous

RESEPTE

Chris se waatlemoen-braaisous

Chris Erasmus

’n Rokerige, vrugtige emulsie wat jou vleis ’n heerlike somergeur gee.

Bestanddele

1 middelslag waatlemoen, geskil, ontpit en in blokkies gesny
1 blok of staaf akkerhout (of ’n houtsoort van jou keuse)
2 takkies vars roosmaryn
1½ koppies canola-olie

Metode

Berook en geur die olie
Skroei die houtstaaf oor die vuur tot dit rokerig is en begin donker verkleur.
Druk die warm houtstaaf in die olie, en voeg die roosmaryntakkies by.
Laat die olie vir ’n paar dae trek sodat die geur van hout en kruie goed ontwikkel.

Maak die waatlemoenstroop
Plaas die waatlemoenblokkies in ’n groot pan, en kook dit af oor medium hitte tot die mengsel verdik, en ongeveer 3 tot 4 koppies waatlemoenstroop oorbly.

Berei die sous voor
Verwyder die houtstaaf en roosmaryn uit die olie.
Voeg die waatlemoenstroop in ’n voedselverwerker.
Klits die gegeurde olie stadig by die stroop tot dit ’n gladde emulsie vorm.
Sout na smaak kan bygevoeg word as jy wil, maar ek verkies om sout oor die gereg te strooi.

Gebruik
Hou die sous in die yskas. Verf dit oor die vleis tydens braai, in die pan, oond of selfs oor geroosterde groente. Dis veral lekker saam met hoender, lekker vetterige beeskortrib, vark of halloumi.

Deel nou

Deel nou