Nog nie sedert 2003, toe Amerika Irak binnegval het, was daar so ‘n groot aantal Amerikaanse aanvalstuie in die Midde-Ooste byneen nie, soos op die oomblik. Alle tekens dui daarop dat ‘n Amerikaanse aanval op Iran byna onvermydelik is. Intussen lyk dit of die onderhandelinge tussen Iran en Ameriks nie juis vrugte afwerp nie. Ons praat hieroor met dr. Heinrich Matthee, ‘n kenner oor Iran, en direkteur van die Pionier Instituut.