Die twee H’s – dis Helen Zille teen Herman Mashaba. ActionSA het die naweek sy leier, Herman Mashaba, as burgemeesterskandidaat vir die Johannesburg-metro aangekondig. Die plaaslike verkiesings sal waarskynlik later vanjaar, of vroeg volgende jaar, plaasvind. Mashaba was voorheen ‘n DA-burgemeester van Johannebsurg. Volgens Sunday Times het Mashaba gesê hy sal Zille verspot maklik by die stembus klop. Ons praat hieroor met Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudinge.