Die voormalige kerkleier en struggle-veteraan, dr. Allan Boesak, het vandeesweek sy 80ste verjaardag gevier. Om hom te vereer, is ‘n voorstel ingedien om die naam van die Universiteit van die Wes-Kaapland te verander na die Allan A. Boesak-Universiteit. Daar was gemengde reaksie op die naamsveranderingsvoorstel. Om hieroor, en oor Boesak se nalatenskap te praat, sluit die akademikus en kommentator, professor Hein Willemse, by ons aan.