RESEPTE
Mediterreense kruiemengsel
Hierdie klassieke mengsel is gebaseer op die kruie van die Mediterreense streek. Origanum is die dominante geur - die naam beteken “vreugde van die berg.” Dit is ook ’n uitstekende manier om kruie uit jou tuin te gebruik wanneer die somer tot ’n einde kom. Dis maklik om te doen: Hang dit onderstebo in bossies en laat dit uitdroog, op ‘n donker droë plek. Droog in lugbraaier as dit ‘n droogfunksie het. Sny voor blomtyd. Verkrummel en bêre in glasflessies.
Bestanddele
2 eetlepels gedroogte origanum
1 eetlepel gedroogte basiliekruid
1 eetlepe gedroogte tiemie
1 teelepel fyngekapte roosmaryn
1 teelepel marjolein (opsioneel)
½ telepel salie (opsioneel)
Metode
Meng al die kruie goed, en bêre in ’n lugdigte glasfles.
Gebruik in tamatiegeregte, pastasous, pizza, geroosterde groente, potjies, hoender, brooddeeg.