RESEPTE
Suid-Afrikaanse braaispesery
Hetta van Deventer-Terblanche
Hierdie mengsel is geïnspireer deur die geure van tradisionele braaivleis en boerewors. Dis eenvoudig, aromaties en perfek vir vleis oor die kole.
Bestanddele
2 eetlepels growwe sout
1 eetlepel varsgemaalde swartpeper
1 eetlepe geroosterde koljandersaad, grof gemaal
2 teelepels gedroogte uievlokkies of uiepoeier
1 teelepel knoffelpoeier
½ teelepel neutmuskaat
½ teelepel bruinsuiker (opsioneel)
Metode
Rooster die koljandersaad liggies in ’n droë pan tot dit begin geurig raak.
Maal dit met ’n vysel en stamper of speserymeul.
Meng dit met die res van die bestanddele.
Bêre in ’n lugdigte houer.